| LOCAL |
|
Sport |
|
STELLENBOSSE SPORTLUI ONTVANG VELE TOEKENNINGS (22/03/02)
Stellenbossers het amper die helfte van die toekennings opgeraap
by die Wes-Kaapse Departement van Sport en Ontspanning se
prysuitdeling in Kampsbaai die afgelope week.
By dié geleentheid is die Wes-Kaap se beste sportpersoonlikhede vir
hul bydraes vereer. Stellenbossers het vyf uit die elf toekennings
ontvang.
Corné Krige, speler vir die Matie Rugbyklub en oud-kaptein van die
Springbokspan, is as Wes-Kaap se Sportman van die Jaar vir 2001
aangewys. Hy het die Stormers reeds in 66 wedstryde verteenwoordig
en was ook Speler van die Wedstryd vir die Barbarians teen
Australië in November 2001.
Ernst van Dyk, operasionele bestuurder by die US Gimnasium, is as
Sportman van die Jaar: Gestremdheid gekroon. Hy was ook die 2001
wenner van die Boston Marathon in Amerika en het reeds in drie
Paralimpiese spele deelgeneem.
Source: MFM - HAIDEE MULLER
|
|
Hokkie |
|
Somerhokkieliga finale (21/03/02)
Met die twee sterkste spanne wat gisteraand teen mekaar te staan
gekom het op die Desso veld by Coetzenburg het die manskoshuis
somerhokkieliga 'n kop aan kop wedstryd opgelewer met een doel in
elke helfde. Stellenbosch Oaks was wel die uiteindelike wenner met
2-0 teenoor Simonsberg. Na 'n verrassende oorwinning van Heemstede
oor Aristea in die semifinale, wat die wenners was vir twee jaar in
'n ry, het Serruria en Heemstede in die finale die stryd aangesê en
was Serruria as die nuwe somerhokkieliga wenners aangewys, nadat
hulle met Heemstede afgereken het, 3-1.
Source: MFM - Martelize Brink
|
|
Athletics (20/03/02) |
|
The combined team of Dagbreek and Heemstede res' could today
celebrate after winning the Inter-Res Puma Hour meeting. This
athletics meeting lasts only one hour, and took place last night at
Coetzenburg stadium in Stellenbosch between seven and eight pm.
The combined team of Dagbreek and Heemstede won the Puma trophy, the
spirit trophy and three thousand rand in cash. The team from Huis
Marais and Irene were second and the team from Majuba and Nerina in
third.
Source: MFM - LeeAnne Pratt
|
|
Netbal |
|
Vyf Maties in Boland 0/19 netbalspan (13/03/02)
Van die tien Maties wat na die Boland 0/19 netbalproewe gegaan
het, het vyf plek in die span gekry.
Hulle is Zani Burden, Danielle Volschenk, Liezel Antonissen, Althea
Johnson en Marieke Koegelenberg. Hulle is almal eerstejaars.
Die netbalklub is baie trots op dié wat die span gehaal het.
Source: MFM - Eunice Visagie
|
|
Hokkie |
|
Nog goeie oorwinnings vir koshuise in somerliga (13/03/02)
Die hokkie somerliga duur nog voort en van die koshuise behaal
steeds goeie oorwinnings.
Gisteraand het Helderberg en Dagbreek oorwinnings behaal. Helderberg
het Eendrag een - nul gewen. Dagbreek het Wilgenhof ook een - nul
gewen.
Nemesia en Boland - Kollege het by die vroue-afdeling oorwinnigs
behaal. Nemesia het afgereken met Oud-studente, twee - een. Boland
Kollege het gesorg dat Huis ten Bosch nie die bal verby hulle
doelwagter kry nie. Hulle het twee - nul gewen.
Source: MFM - Eunice Visagie
En in sport (11/03/02)
Die spanning loop hoog met die Universiteit van Stellenbosch se
hokkie somer-liga se semi-finale wedstryde wat hierdie week begin.
In die vrouespan se A-poel loop Aristea tans voor met 29 punte
teenoor Huis Ten Bosch se 22 punte. Beide hierdie spanne het tot
dusver ses wedstryde gespeel. In die B-poel speel Serruria en
Heemstede gelykop, met 'n puntetelling van 27 elk. Serruria is
eerste as gevolg van 'n doelverskil.
In die A-poel van die mansspan, is Helshoogte eerste met dertien
punte en Eendrag en Helderberg kort op hul hakke met elf punte. As
gevolg van 'n bonuspunt is Helderberg bo. En in die B-span klop
Stellenbosch Oaks vir Simonsberg met 'n puntetelling van
twintig-negentien.
Geen wedstryde vind vanaand plaas nie. Môreaand pak die volgende
spanne mekaar by Welgevallen: Eendrag teen Helderberg, Dagbreek teen
Wilgenhof, Oud-studente teen Nemesia en Huis Ten Bosch teen Boland
Kollege.
Source: MFM - HAIDEE MULLER
Aristea se goeie seisoen duur voort (10/03/02)
Aristea se tweede span het nog 'n oortuigende oorwinning behaal
in die hokkie somerliga. Hulle het Erica vier-nul geklop. Goldfields
het met drie-nul 'n groot oorwinning behaal oor Harmonie.
Wat die mansafdeling betref het WNNR en Paarl oorwinnings behaal.
WNNR het Wilgenhof met een doel teen nul gewen. Paarl en Helderberg
het dieselfde telling gehad.
Source: MFM - Eunice Visagie
|
|
Krieket |
|
Maties sukkel teen Oostelikes (11/03/02)
Maties se eerste krieketspan het Oostelikes uitgeboul vir honderd
ag en veertig lopies. Die wedstryd vind vandag plaas by Coetzenburg.
Maties se beste bouler was Brandon Buckley. Hy het 'n boulontleding
van ses paaltjies vir drie en vyftig lopies. Hy het dit vermag in
sewe en twintig boulbeurte, waarvan nege leë boulbeurte was.
Na Buckley so goeie vertoning was dit oor na die kolwers om die
wedstryd vir Maties te beklink. Tans is sukkel Maties om by die
totaal van Oostelikes te kom. Die telling is tagtig vir die verlies
van sewe paaltjies. Dit beteken Maties moet nog ag en sestig lopies
aanteken met net drie paaltjies staande. Dit wil voorkom of die
baanblad die uitslag van die wedstryd gaan bepaal.
Source: MFM - Eunice Visagie
|
|
Rugby |
|
Van der Stel jaarlikse Rugbydag (11/03/02)
Die jaarlikse Van der Stel rugbydag vind vandag plaas by die Van
der Stel-sportgronde. Dit is die drie en twintigste jaar dat dit
aangebied word.
Spanne van Swellendam, Port Elizabeth en selfs 'n span van Nuwerus,
in die Namakwaland, is genooi. Die wedstryde het vanoggend tien uur
al begin en sal tot ongeveer nege uur aanhou. Die opwinding het al
vroeg begin en sal tot die laaste wedstryd, wat gespeel gaan word
deur Collegians en Ikeys, aanhou.
Source: MFM - Eunice Visagie
|
|
Cycling |
|
Cycle-mania hits Stellenbosch (05/03/02)
The Cape's answer to the Tour De France rolls into Stellenbosch
tomorrow with the second stage of the Giro del Capo Cycle Tour set
to begin and end on Merriman Street in Stellenbosch. The Giro del
Capo is a weeklong event which sees 130 international and local
cyclists compete in five races, the first of which began and ended
in Durbanville earlier today. Tomorrow's event will be 130
kilometres long and will begin at about 10:30 am and end at
approximately two pm.
Mister Tanta also said that traffic would not be held up for long
periods as the few roads that are closed will simply allow the
cyclists to proceed through, before allowing the cars to continue.
The tour precedes the Argus Cycle Tour which takes place in Cape
Town on Sunday.
Source: MFM - Alan Valkenburg
|
|
Krieket |
|
Top Umpires meet to discuss hockey rules (05/03/02)
The umpires of the Stellenbosch area met last night to discuss
the implementation of new hockey rules. Marelize de Klerk - crown
umpire and top member of the Federation of International hockey -
was one of the speakers at the meeting.
Corinne Cornelius, the umpire of the first champions trophy, also
attended the meeting. The rules concerned were among others the
slapshot, the occurance of deliberate fowls, and penalties when a
ball is lodged in the goal keepers clothes.
The rules will be implementated with immediate effect.
Source: MFM
Derby krieket op Stellenbosch (04/03/02)
Maties se krieketspan het Van der Stel die afgelope naweek 'n
krieketles gegee in 'n plaaslike derby wedstryd. Van der Stel kon
net 165 lopies aanteken nadat Maties 242 lopies vir die verlies van
vier paaltjies aangeteken het. Graham Marais het 'n skitterende 60
lopies vir Maties aangeteken.
In die Maties se tweede kolfbeurt het hulle die krane oopgedraai om
te verklaar op 174 vir die verlies van een paaltjie. Van der Stel
het moedig teruggeveg, maar was almal uit vir 169.
Source: MFM - Gerjo Hoffman
Helderberg klop Aurora in koshuiskrieketliga
(03/03/02)
Helderberg manskoshuis het Aurora privaatwyk vanmiddag
oortuigend, tydens 'n koshuiskrieketligawedstryde ,op Coetzenburg
geklop.
Helderberg het eerste gekolf en was teen middagete almal uit vir een
honderd en sewentig lopies. Aurora kon net drie en sestig lopies op
die telbord kry voor hulle almal terug pawiljoen toe gestuur is.
Christo Serfontein, van Helderberg, het telling van een en vyftig
aangeteken. Dit was die hoogste individuele telling van die dag.
Helderberger se boulers het ook uitgeblink. Andri Greeff en Corne
Strydom het onderskeidelik vier paaltjies vir sestien lopies en twee
paaltjies vir ses lopies in geoes.
Source: MFM - Borrie la Grange
|
|
Soccer |
|
Khayamandi Soccer League Results (03/03/02)
Today log leaders Tembu United beat Metro Stars with five goals
to nil to consolidate their lead in the league. They are now sitting
at fifty-eight points with four games in hand, followed by Young
Stars with fifty-five points and with only two games to play. The
other results of today's matches are as follows:
Qumbu Vultures (2) Y2K Champions(3);
Eleven Attackers (5) Khaya Leads (2);
Tembu United (5) Metro Stars (0);
Young Chiefs (1) Teenagers (0).
According to Peter Gxagxisa a member of the executive committee in
the Khayamandi league says that the league is expected to end in
three to four weeks time.
Source: MFM - Sibusiso Ralarala
|
|
Rugby |
|
Sewestoernooi (02/03/02)
Helderberg klop Wilgenhof in sewestoernooi Helderberg-manskoshuis
het gisteraand vir Wilgenhof in die jaarlikse koshuis-sewestoernooi
met twaalf-nul geklop.
Ná die eerste drie wat deur Andries van der Westhuizen van
Helderberg aangeteken is, het Wilgenhof hard begin terugbaklei. Maar
die Helderberger, Eric Olivier, het kort voor die einde van die
wedstryd deurgebreek en die beslissende drie aangeteken.
Source: MFM - Carine van Rooyen
|
|
Hokkie en Krieket |
Tydens gisteraand se hokkie somerliga-toernooi by Coetzenburg het
Huis Ten Bosch koning gekraai teen Goldfields met drie-nul, die
oud-studentespan klop Erika vrouekoshuis drie-een en Simonsberg
reken af met WNNR drie-nul. Stellenbosch Oaks se eerstespan en Paarl
eindig gelykop.
Coetzenburg speel vandag weer gasheer vir die krieketwedstryd tussen
die Matiespan en 'n gekombineerde Britse span. Die Maties teken
tweehonderd vyf-en-vyftig lopies aan in die eerste kolfbeurt met
eenhonderd vier-en-sewentig vir nege in die tweede. Die Britse
gekombineerde krieketspan kort tweehonderd en elf lopies in 48
boulbeurte om die Maties te troef.
Source: MFM - Haidee Muller
|
|
Cricket |
|
Krieket (25/02/02)
Maties krieketspan meet môre kragte teen 'n gekombineerde Britse
span. Die oorsese span, wat uit spelers van verskeie Britse
universiteite bestaan, toer deur Suid-Afrika. Die wedstryd sal môre
en oormôre elke dag om tien uur by die Coetzenburg stadion begin.
Source: MFM - Susan Davis
Boland hammer North West (24/02/02)
In a four day cricket match played at Boland Park, Boland
defeated North West by seven wickets inside two days. This after
North West had collapsed to 77 all out in their second innings.
Boland were thus set just 46 runs to win and duly knocked them off
for the loss of only three wickets. The advantage swung from one
side to the other over the two days with Boland dismissing North
West for just 156 in their first innings, only to be bowled out for
187. Then came the North West collapse. Kenny Jackson emerged from
the match with his head held high. After scoring 34 runs, he then
proceeded to take three wickets to tear the heart out of the North
West batting lineup.
Boland will take 15 points from the game which will do their chances
of lifting the Supersport shield no harm.
Source: MFM - Alan Valkenburg
Krieket (24/02/02)
Maties se eerste krieketspan het gister die Van der Stel span met
'n goeie sewe-en-neëntig lopies geklop by die Coetzenburg stadium.
Maties een het eerste gekolf en het twee-honderd-twee-en-veertig vir
ses behaal. Daarna kon Van der Stel slegs daarin slaag om
honderd-vyf-en-veertig lopies vir vyf aan te teken. Maties se beste
kolwer was Graham Marais, met sestig lopie; en hul beste bouler was
Wallace Albertyn; wat twee paaltjies vir twintig lopies gevat het.
Die Victoriane, Maties se tweede krieketspan, speel vandag teen
Young Peoples by Tassiesveld. Die Victoriane het eerste gekolf en
het een-honder-drie-en-sewentig lopies aangeteken in die toegelate
vyftig boulbeurte. Die Victoriane se beste kolwer was Mario Olivier
met drie-en-sestig lopies. Young Peoples is steeds besig met hul
kolfbeurt. Teen laat middag was die telling veertig vir twee.
Source: MFM - Jeanne Hugo
Intervarsity cricket (21/02/02)
Despite not attracting as many supporters as their rugby
counterparts, the Maties first cricket side take their annual match
against UCT pretty seriously. Despite not being able to make use of
Newlands or Boland Bank Park, the intervarsity cricket game still
attracts just as many supporters as the average four-day provincial
cricket match. Last year Stellenbosch beat the UCT eleven to
complete a cricket and rugby double over the Cape side. Tomorrow's
match will start at ten in the morning at the UCT oval.
Source: MFM - Alan Valkenburg
|
|
Rugby |
|
Helderberg wen Matie Nuwelingsrugbytoernooi (23/02/02)
Helderberg manskoshuis se nuweling rugbyspan het gisteraand die
Privaat Studenteorganisasie-span met ses-en-twintig punte teenoor
drie geklop in die finaal van die Nuwelingsrugbytoernooi. Die
wedstryd het omstreeks kwart oor ses by die Danie Craven
rugbystadium begin. In die eerste helfte het Charl Fouché die
PSO-span se enigste punte aangeteken. Die halftyd-telling was
vyftien - drie in Helderberg se guns. Die PSO-span kon egter nie die
gaping vul nie en Helderberg het die toernooi gewen. Helderberg se
losskakel, Pieter Benade is as die speler van die wedstryd aangewys.
Die PSO-span bestaan uit 'n kombinasie van Oude Molen, Pieke,
Goldfields en Huis Visser.
Source: MFM - Jurg Slabbert
|
|
Hokkie |
|
Dagbreek en Nerina seëvier in die eerstejaarshokkietoernooi op
Coetzenburg (24/02/02)
Die junior-hokkiespan van Dagbreek het die naweek 'n oorwinning
van drie doele teenoor twee in die finale wedstryd van die
eerstejaarshokkietoernooi teenoor Eendrag behaal. Die doelwagter van
Dagbreek het die beslissende doel aangeteken. Dagbreek is as die
amptelike oorwinnaar in dié toernooi teenoor die ander manskoshuise
aangewys.
In die kategorie vir dameskoshuise, het Nerina as oorwinnaars uit
die stryd getree. Die Universiteit van Stellenbosch se
eerstejaarshokkietoernooi vind elke jaar op die
Coetzenburg-sportstadion plaas.
Source: MFM - Carine van Rooyen
Aristea send out an early warning (21/02/02)
Last nights hockey matches saw victories in three out of four
matches with the Aristea first side sending out an early warning to
their opposition. The unlucky recipients were Irene who went down by
seven goals to one. There were also wins for Dagbreek who beat CSIR
three nil, and Eendrag who beat Paarl one nil. Heemstede and Sonop
drew one-all.
Source: MFM - Alan Valkenburg
TWEEDE WEEK VAN SOMERLIGA HOKKIE (20/02/02)
Die Somerliga hokkie is reeds vir twee weke onderweg en vier
wedstryde het gisteraand by Coetzenburgh plaasgevind.
Wat die manshokkie betref, behaal Stellenbosch Oaks se tweede span
vier doele terwyl Wilgenhof geen punte aanteken nie. Helderberg en
Helshoogte speel gelykop met een doel elk.
In die vroueliga klop Seruria die Oud-studente span met twee doele
teen geen en Huistenbosch behaal 'n wegholoorwinning van drie nul
teen Lydia.
Die verdedigende Somerliga-kampioene in die vroue-afdeling.
Source: MFM - Erns Grundling
Hokkie (19/02/02)
Die dameskoshuise, Aristea en Heemstede het gister in die
inter-koshuis hokkieliga puik oorwinnings behaal. In die kragmeting
tussen Heemstede en Erica, het Heemstede sewe doele verby die
doelwagter gevuur, terwyl Erica geen doele kon aanteken nie. Aristea
het Heemstede se voorbeeld gevolg, en Goldfields ook met sewe doele
teenoor nul oorrompel. In die ander wedstryd wat gespeel was, het
Stellenbosch Oaks vir Boland Kollege twee nul gewen.
Source: MFM - Susan Davis
|
|
Rugby |
|
Rugby (19/02/02)
Die twee finaliste vir die Matie Nuwelingsrugbytoernooi is
bekend. Die Privaat Studenteorganisasie se rugbyspan en
Helderbergkoshuis sal Vrydagaand om die titel meeding. Op hul pad na
die finaal het Helderberg vir Wilgenhof met
drie-en-twintig-negentien geklop. In die kragmeting tussen die
PSO-span en die B span van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rugby,
het die PSO-span met twee-en-dertig vyftien die pyp gerook. Die
finaal word op Vrydagaand om tien oor ses gespeel.
Source: MFM - Susan Davis
Tweede Rondte in nuwelingsrugbytoernooi
(16/02/02)
Vrydagaand het die tweede rondte van die nuwelingsrugbytoernooi
plaasgevind. Onder die wenners van die eerste ronde het Wilgenhof
vir Libertas vyf nul gewen. Dagbreek het geseëvier teenoor PSO met
19 teenoor 13 punte. Sari het die spit afgebyt teen Helderberg met
12 teenoor 5. Huis Marais het ’n groot nederlaag gelei teenoor
Sari se B – span. Hulle het 26 nul verloor.
Source: MFM - Esma le Roux
top
|
|
Krieket |
|
Boland chase is on (18/02/02)
Boland require another 113 runs to win their Supersport shield
cricket match against Gauteng at Boland Bank Park, and have seven
wickets remaining. This after Gauteng captain Clive Eksteen declared
his side's second innings closed on 216 for four, leaving Boland the
task of scoring 278 in seventy-nine overs. Earlier in the day,
Gauteng's Stephen Cook scored his maiden first class century in a
knock that lasted a little over four and a half hours. The Boland
chase was taken up by Johannes Strydom and Justin Ontong. Ontong
scored a rapid 41 off 51 balls before being caught but Strydom is
still there on 79. With only 32 overs remaining, the Boland side
will need to score at a rate of 3 and a half runs to the over to
win.
Source: MFM - Alan Valkenburg
Sportnuus (17/02/02)
Wilgenhof se A krietketspan het gister by die Welgevallen
sportgronde Eendrag se B span met tagtig lopies gewen. Wilgenhof het
eerste gekolf en almal is uitgeboul vir eenhonderd-vyf-en-negentig
lopies. Niel Goosen is Eendrag se uitblinker deurdat hy vyf
paaltjies geneem het vir die verlies van twee en veertig lopies.
Wilgenhof het volgende geboul en Eendrag is almal uitgeboul vir een
honderd en vyftien lopies.
Source: MFM - Jurg Slabbert
|
|
Soccer |
|
Khayamandi soccer league (16/02/02)
The Khayamandi soccer league is left with six games to the end.
According to Amos Dyasi the Public Relations Officer of the
leagueTembu United are the current log leaders with fifty two points
and Early Birds right at their footsteps. The scores for today's
games are as follows: Tshisa leaders 0 Early Birds 0; Metro Stars 2
Idutywa Young Stars 5; Black Aces 0 Happy Chiefs 0 ; Home Defenders
2 Hot Fire 0. The game between Santos and Y2K is still on with
Santos leading with three goals to zero with only ten minutes left
towards fulltime.
Mr Dyasi also mentioned that the other games will take place
tomorrow at ten in the morning.
Source: MFM - Sibusiso Ralarala
top
|
|
Previous articles:
|
Click here for the archives. |
| |
| MORE ON SITE |
|
Learn the art of Wing Chun, Tai Chi, Escrima and Atemi Jitsu at
the Self-Defence Academy. |